Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Opstanding" deur W.E.G. LOUW
"Opstanding" deur W.E.G. LOUW [boodskap #8921] Vr, 28 Maart 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
OPSTANDING
W.E.G.Louw

Drie dae was daar duisternis ... Alleen,
in diep gelatenheid, soos in die sand
'n suiwer saad wat wag op son en reën,
het al Sy sterflikheid stil weggebrand:

die swaar en trae slakke van die vlees,
sy onrus, vrees, verwarringe en waan,
dat Hy, een met die Vader en die Gees,
verheerlik in die lig weer op kan staan.

Die wagte kon in daardie gloed nie kyk.
Die steen is afgewentel deur 'n wind
wat uit vier hemelstreke op die aarde stryk
dat dit vergruisel is tot stof en grint,

en soos uit diepe duisternis 'n vlam,
staan hoog en rank en smetteloos die Lam!

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: "Golgota" deur W.E.G. LOUW
Volgende onderwerp: "Japannese Lente" deur JOHANN DE LANGE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 00:28:31 MGT 2024